NewsSchoolsUpdate

Duisende woon Kruiners se Oppikruinfees by

"Dit was ons grootste fees nog", sê skool.

“Daar is nie eers plek vir ‘n muis nie.”

So het die Record ‘n ouer vir sy kind hoor sê op pad na Laerskool Helderkruin se Oppikruin Fees op Saterdag 26 Oktober.

Isobel Mitchley van die skool sê, “Ons kan nie ‘n presiese getal gee nie, maar daar is duisende mense by ons hekke in en uit. Dit was sowaar een van ons grootste feeste, indien nie die grootste nog nie.”

Behalwe die bekende gesigte soos Izak Davel en 7de Laan se Monita Baaintjies (Hildegardt Whites) en Kim Conradie (Corne Crous) wat op die skoolgrond gesien is, is die publiek met ‘n humoristiese Flashmob uit die boonste rakke deur Kruiners se graad 7-leerlinge en onnies vermaak.

Moet ook nie vergeet van die menigte stalletjies soos Vissievang, Photobooth, Boogskiet, Nat Spons, Paintball, Slaan-‘n-kar, Pennetjie Perfeksie, Gholf, Pop-‘n-ballon of dié wat lekkernye soos spookasem, springmielies, pannekoek, worsie-op-‘n-stokkie en roomys verkoop het nie.

Maar dit was nie al nie.

Ouers is gevra om aan ‘n potjiekoskompetisie deel te neem; daar was skape te wen; ‘n sing- en danskompetisie; die personeel van Marshall Music; en wie sal dan die Pretpark vergeet! Vir ‘n oomblik het kinders hulle verbeel dat hulle in Disneyland was want daar was van alles en nog wat om hulle besig te hou soos die maganiese bul, gladiator, zero spin, balle op water, parachute seater tot ‘n skuimput.

 

IMG_3114_557040780 IMG_3735_600056667 IMG_3450_528726070 IMG_3025_568698713 IMG_3175_531671980 IMG_3485_541890679 IMG_3621_555554394 IMG_3057_500185377

 

 

Related Articles

Back to top button