NewsSchoolsUpdate

Florrie-matriekklas van 1953 vier 60ste reünie

Oudleerlinge en metgeselle kom by Founders Grill bymekaar.

Dit was nie meer soos 60 jaar gelede toe die jong gespierde mans die meisies langs die swembad probeer beïndruk het nie, maar die matrieks van 1953 van Hoërskool Florida het onlangs hul reünie eerder rustig by die Founders Grill Restaurant in Florida gevier.

Timo Crous, hoofseun van daardie matriekklas vertel, “Ongeveer 30 oudleerlinge, hul metgeselle en hul Standerd 6 (Graad 8) Afrikaanse onderwyser, Fred Stiglingh (vroeë 80s) het die geleentheid bygewoon”.

Almal het ook vroeër die oggend ‘n draai by hulle alma mater gaan maak waar die huidige skoolhoof, Marthinus Schutte hulle gewys het hoe die skool oor die jare uitgebrei het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button