Kerk vier buitengewone 50ste

Die NG Ontdekkerskruin vier 'n veronderstelde 50ste 'in elk geval'.

Hierdie Oktober vier die redelike nuutgevonde NG Kerk Ontdekkerskruin ‘n ongewone 50ste herdenking.

Volgens Ellen Oosthuizen van die Ontdekkerskruin gemeente sou een van hul ‘moedergemeentes’ op 27 Oktober hul 50ste bestaansjaar vier. Die NG Kerk Ontdekkerskruin het voorheen eers as die NG Kerk Ontdekkers en later as die NG Ontdekkers-Noord bekend gestaan.

“Ons wil graag die geleentheid van ‘n 50ste bestaansjaar in elk geval herdenk,” vertel Oosthuizen.

Die Ontdekkerskruin gemeente nooi alle oud-gemeentelede en veral stigters-gemeentelede om Sondag 27 Oktober se erediens by te woon.

Na die diens kan gaste uitsien na verversing wat in die saal bedien sal word.

“Almal kan dan lekker saam kuier,” meen Oosthuizen.

“Aan die Here al die lof en dank en eer oordat Hy sy hand oor hierdie gemeenskap vir soveel jare gehou het.”

Vir verdere besonderhede kan Ellen Oosthuizen gekontak word op 083 268 6868.

 

Exit mobile version