Kleuterskool verwelkom lente as boemelaars

"Die dag gaan oor om lente te vier en verwelkom" – hoof.

“Enigiets, sweets en koek behalwe groente.”

Dit is slegs een van die vele oulike frases van leerlinge wat soos boemelaartjies aangetrek het tydens Karlien en Kandas Kleuterskool se Lentedagvieringe op Vrydag 4 Oktober.

Met die boemelaar-tema het meer as 115 leerlinge, die dameskomitee, sekere onderwysers en die hoof as boemelaars aangetrek om die lente te vier.

Die dag het met koekverkope afgeskop, wat deur ‘n modeparade en lekker koek en tee saam met die mammas en pappas gevolg is.

Ander bordjies het gelees: “Ek wil werk vir sweeties” en ‘n ander “Het ‘n ma en pa, soek geld want hulle werk nie”.

Die hoof Annemarie Jacobs vertel, “Daar was geen spesifieke rede vir die tema nie. Ons het dit gekies slegs omdat dit iets anders is. Die dag gaan oor om lente te vier en die somer te verwelkom. Ons hou elke jaar so iets en vanjaar het ons op die boemelaar-tema besluit. Kinders het dit baie geniet en was vreeslik opgewonde. Party kinders het gedink hulle hoef nie te bad nie en een leerling het sy nuwe hemp geskeer vir die geleentheid. Ouers het regtig baie moeite gedoen en ons wil vir hulle dankie sê.”

Die hoof voeg by dat die skool vanjaar op 4 Desember sal sluit en dat daar ‘n groot kerspartytjie vir 15 November gereël is.

“Op die dag sal ons aan ons leerlinge teruggee, en almal sien baie uit daarna.”

 

Dameskomitee van Karlien en Kandas Kleuterskool. Voor: Sanette Viljoen, Marinda Schneider. Agter: Belinda Reyneke, Adrie Botha en Maggi Smith.
Exit mobile version