“Makelaars is nie die probleem nie”

Pieter Viljoen, Multiplan Risk Consultants (e-pos): Annatjie Nel – My hart bloei vir jou. Ek is ‘n makelaar in Roodepoort. Na gelang van die artikel “Makelaars is erger as kapers” het ek die volgende op of aanmerkings te make: Kapers, moordenaars, verkragters, inbreekers, kindermishandelaars, vroueslaaners, dwelmverslaafdes, suiplappe en boemelaars is almal BETER as makelaars. Ek …

Pieter Viljoen, Multiplan Risk Consultants (e-pos):

Annatjie Nel – My hart bloei vir jou.

Ek is ‘n makelaar in Roodepoort.

Na gelang van die artikel “Makelaars is erger as kapers” het ek die volgende op of aanmerkings te make:

Kapers, moordenaars, verkragters, inbreekers, kindermishandelaars, vroueslaaners, dwelmverslaafdes, suiplappe en boemelaars is almal BETER as makelaars.

Ek voel regtig jammer vir jou. Dat jy al die aardse besittings bo jou eie lewe stel, is kommerwekkend.

Ek is seker daarvan ten tye dat die makelaar die polis onderskryf het, het jy vir hom gesê – “dit gaan te veel kos om so ‘n stupid item soos ‘n trouring te verseker.”

Nieteenstaande die feit dat dit nie ‘n goedkoop voertuig is wat die “KAPERS” jou van beroof het en rondgery het nie. Never mind die “assesories”.

Die arme makelaar ly daar onder.

Vir die swak oningeligte verslag geskryf deur ‘n oningeligte person wat nog nooit “internet navorsing” gedoen het nie, in ‘n gemeenskaps koerant, wat blyk om net sensasie te soek die volgende:

Dit is die plig van die VESEKERDE om aan die makelaar te bevestig wat verseker moet word en ‘n warde daaraan toe te ein.

Enige items wat uit die huis geneem word (trou ringe) moet gespesifiseer word onder “alle risiko.”

Dit is die plig van die versekede om te bepaal dat die skedule korrek deur die versekeraar of administreurder uit gereik is soos wat die klient instruksies (lees aansoek vorm) genoteer is.

So as jy genoteer het daai ring is nie gespesifiseer nie is dit jou verlies! Eenvoudig!

Dit is die plig van die versekerde om seker te maak daar is genoeg geld in die bank om die premie te betaal.

Dit is nie die makelaar wat die eis goedkeur of afkeur nie. Die wet op finansiele dienste vehoed dit. (swak en oningeligte redaksie)

Hierdie funksie is die van die versekeraar. Die makelaar hier was eintlik “polite” gewees om vir jou te sê “oeps, jy het probleem”

Die makelaar mag slegs op die kliënt se informasie en instruksies regeer. (verkieslik e-pos / skriftelik, want kan ‘n makelaar sy kliënt se eerlikheid vertrou?)

Slegs met VOLLE kliënt saamewerking kan die makelaar ten volle asisteer met die genoemde eis, tot en met die kliënt se instruksies.

Ons makelaars glo eise hanteering is die venster van ons besigheid.

Die makelaar, is ek seker, het als in sy/ haar vermoë gedoen om die kliënt gelukkig te hou, maar dit blyk hier die kliënt is verkeerd.

Die finasiële dienste raad doen heelwat om Jan en Sannie in te lig oor versekering. Maar as die kliënt nie sy/ haar makelaar se advies wil volg nie, sterkte met die gevolge.

Ons blameer altyd almal behalwe ons self, veral as ons as kliënt verkeerd is, en dan nog deur swak raporteering gesensasioneel word.

En hoekom vat julle nie Netstar aan omdat hulle sekere “on the ball” funksies moes verrig, en nie het nie? As dit nou regtig van hulle af gehang het was jy nou ‘n spookie in die wolke Anna.

Hoekom blameer jy nie die makelaar hiervoor ook nie!

Ek dink die Kapers was “nice” gewees met jou. JY IS NIE GE-RAPE NIE! Jou keel is nie halfpad af gesny nie, en jy is nie as ‘n “has been” in DUBE gelos nie.

Dank jou makelaar dat jy tenminste iets (volgens jou instruksies) gaan terug kry.

Mnr die redakteur, jy is meer skuldig as Annatjie se KAPERS want jy het hierdie artikel goed gekeur en af geteken. Mev Nel behoort ook reaksie te lewer.

In plaas van ‘n eerlike 2 sydge verslag soek jy net sensasie. Nie net kraak jy jou eie geloofwaardigheid af nie maar jy veronreg ‘n hele nasionale industrie.

‘n Erkenning van swak redaksie en verskoning aan Jan en Sannie Publiek behoort voorblad nuus vir julle te wees (sensasioneel!!!!) en ons as onafhanklike makelaars eis dit.

Dink net “Roodepoort Record is eerlik vir eens” as die voorblad opskrif…

(Ek persoonlik dink nie jy het die “GUTS” om my brief te publiseer nie. Maar alle ander belange gaan hiervan weet as jy dit nie doen nie – sien wie is alreeds in genoteer).

Geagte mnr Viljoen

Ek plaas hierdie brief met graagte. Dit is nie ‘n saak van ‘guts’ nie, dit is ‘n saak van regverdigheid.

Elkeen is geregtig op hul opinie; net soos Annatjie geregtig is op haar opinie.

Ek het aan persoon A gesê ek sal aandag aan die saak gee, en ek het. Mens bereik soveel meer sonder dreigemente.

Wat die kwessie van sensasie aanbetref …

Dit is nie hoe ons joernalistiek benader nie. Die koerant word gratis versprei, hoekom sal ek sensasie soek?

Ons weet nie wat tussen Annatjie en die makelaar gebeur het nie (daar kan meer redes as net die uitbetaling wees) want ons was nie teenwoordig nie.

Wat ek wel kan sê is dat ons daardie stelling direk aangehaal het; in die opskrif en in die storie. Dit is gemaak deur ‘n persoon wat ‘n soort trauma beleef het wat nie neerhalende opmerkings regverdig nie.

Dit beteken glad nie dat ons met hierdie stelling saamstem nie.

Na my mening het sy hierdie stelling op verskeie redes gebaseer en ek glo dat die nuus van die uitbetaling net die sneller was. Wanneer albei van ons byvoorbeeld na verskillende kante van dieselfde klip kyk, kan dit vir my rond lyk terwyl dit vir jou dalk vierkantig lyk.

Ek vra onvoorwaardelik om verskoning dat ek so ‘n fout begaan het. Ek is ook jammer dat sommige polishouers glo dat makelaars vir uitbetalings verantwoordelik is – het hulle dan nie, toe hulle die polis aan julle verkoop het, die prosedure aan julle verduidelik nie? Ek vra om verskoning dat sommige polishouers as gevolg van hierdie artikel hulle makelaars gebel, geskel en in die pad gesteek het omdat hulle “erger as ‘n kaper” is. Bel hulle asseblief weer en vra vir hulle om terug te kom; dit is nie hulle skuld nie.

Mnr Viljoen, dit is duidelik dat almal van ons foute maak, maar Annetjie het die reg om ‘n stelling te maak, net soos dit u reg is om daarop kommentaar te lewer.

Brief onveranderd geplaas — Tihan van der Walt (Redakteur).

Exit mobile version