Local newsNews

R3 000 beloning vir vermiste Jack Russel

Eienaar vra gemeenskap om hulp en om ul oë oop te hou vir Frankie.

‘n Vrou in Witpoortjie is bereid om R3 000 as beloning te bied aan enigiemand wat haar hond kan opspoor.

Volgens die eienaar van die Jack Russel, Aletta de Vos, is haar geliefde Frankie sedert vroeg Augustus weg.

Vir Aletta is Frankie meer as net ‘n hond.

“Hy is my vierpotige kind en ek vra die gemeenskap om hul oë oop te hou en as jy hom sien, om dit in jou hart kan vind om hom terug te bring,” sê Aletta aan die Record.

“Ongelukkig kan ek net soveel as beloning bied. As ek meer gehad het sou ek meer gegee het.”

Aletta voeg by dat Frankie op Donderdag 8 Augustus laas gesien is en sy vermoed dat hy nie weggehardloop het nie, maar eerder gesteel is.

“In sewe jaar het Frankie nog nooit eers probeer om weg te hardloop nie.”

Aletta verduidelik,”Ek was op pad huis toe, toe my man my onsteld gebel en gesê het dat Frankie nie hier (by die huis) is nie.

“Ons het tot 11.30nm die strate deursoek vir Frankie maar kon hom nie kry nie.”

Aletta sê sy is steeds elke aand op missie om haar Frankie te gaan soek, en sy sal aanhou tot sy hom vind. Sy en haar man het reeds die hele Witpoortjie en byna Groblersdal gefynkam. Sy het ook reeds meer as 1 300 pamflette uitgedeel.

“Ek weet hy is nie dood nie want daar is al drie dooie honde wat ek na gaan kyk het en dit was nie Frankie nie. Ek bid elke dag dat hy huis toe moet kom. Hy’s my skaduwee en soos my kind.”

Indien jy op Frankie afkom skakel vir Aletta by 076 453 2906.

Related Articles

One Comment

Back to top button