Local newsNews

Groot gedoente by Rugbyklub op Erfenisdag

Rugby, musiek en springkastele net 'n paar hooftrekke.

Terwyl die res van die land hul Erfenis op Dinsdag 24 September sal vier het Roodepoort Rugbyklub ander planne gemaak.

Ja kan jy glo, Roodepoort Rugbyklub vier vanjaar hul 70ste bestaansjaar.

Die klub se president, Neels van Aswegen vertel, “Ons besluit om op die vakansiedag ons 70ste verjaardag saam met klublede, spelers hul families, vriende en die gemeenskap te vier”.

Verrigtinge begin reeds om 9vm en sal tot laat aanhou. Pret op die dag sluit in ‘n Goue Oues- en Raakrugbydag en Idols-wenners aan die Wes Rand van die afgelope jaar of twee sal optree. Daar sal ook ‘n biertent, springkastele en stalletjies wees.

Stalletjies kan teen R300 gehuur word en inskrywing vir die raakrugby is gratis.

“Ondersteun ons asseblief deur die dag te kom geniet en ‘n span of twee in te skryf vir die raakrugby. Julle is ook welkom om ‘n Goue Oues-span in te skryf (maar almal moet ouer as 32 wees).”

• Navrae: Jakes by 011 673 0830 of 082 870 5994 of Neels by 073 125 6598.

Related Articles

Back to top button