Local newsNews

Reaksie op trekker-raaisel

Stadsraad nie baie lus om erfenis stukke te bewaar nie.

Na die Record se onlangese berig (Trekker en wa gestroop) oor die antieke trekker en wa wat by die ingang van Van Wykstraat staan en deur vandale gestroop word, het beide DA Raadslid Gert Niemand en David Clarkson van Tarlton Tractors betrokke geraak by die oplos van die raaisel.

Niemand, wat op die ironie gewys het dat September Erfenismaand is, sĆŖ dit het redelike stoei en speurwerk gekos om uit te vind wie se verantwoordlikheid die twee implimente nou eintlik is.

Hy kon vasstel dat al diĆ© tipe bates die verantwoordlikheid van City Parks is maar dat die twee plaasimplemente nie op City Parks se register van soortgelyke bates voorkom nie. City Parks het wel aangedui dat hulle van die gestroopte oudhede ‘bewus is’.

“Die stad het ‘n baie nonchalante houding teenoor die bewaring van ons erfenis,” sĆŖ Niemand.

Niemand het voorgstel dat die trekker en wa opgeknap en ĆŖrens veiliger geskuif word. Hy sĆŖ dat hy self al die twee oues wou skuif maar nie mag tensy die stad toestemming gee nie. Die museum stel blykbaar ook glad nie belang om by so ‘n projek betrokke te raak nie.

Clarkson, wat al wat ‘n ou ryding en trekkers is restoureer, het ‘n paar interessante brokkies inligting oor die spesifieke trekker gehad.

Volgens Clarkson dateer die trekker uit die 1920’s en is dit ‘n Bolinder-Mumktell. Die handelsmerk het later Volvo geword en nog later Volvo BM. Die trekker is in Swede vervaardig en tot so onlangs as dertig jaar gelede was dit nog in werkende toestand. Die laaste werkende enjin wat die trekker ingehad het was ‘n 1934 vier-silinder Ford-bakkie enjin.

Clarkson het aangebied om die plaasimplimente van die Stadsraad se hande te neem en te restoureer of dit vir die Stadsraad te doen, maar het daarop gewys dat dit ‘n lang en duursame proses sal wees. Hy het ook nie trokke om die trekker en wa mee te vervoer nie.

Related Articles

Back to top button