Local newsNews

Immergroen-groep vier 32ste

Die Immergroen Senior Burger Klub vier op 23 Augustus hul 32ste bestaansjaar.

In Anstrutherstraat het die Immergroen Senior Burger Klub op Vrydag 23 Augustus hul 32ste bestaansjaar gevier.

Klubvoorsitter Mariana Venter het meer vertel oor wie die burgers is en wat hulle doen.

“Ons is ‘n groepie senior burgers wat jonk van gees is.”

Venter vertel dat die klublede elke eerste Vrydag van die maand bymekaarkom, “en ons probeer om tussenin ook uitstappies en ander lekker geleenthede te reël”.

Volgens Mariana is die Klub nie by ‘n spesifieke kerkdenominasie of geloof geaffilieer nie, “en almal is welkom”.

Die Immergroen Senior Burger Klub is in 1981 deur die klub se oudste lid, Dalene Strydom (90) gestig .

“Sy is steeds vreeslik aktief in die klub maar moes vandag verskoning maak,” verduidelik Mariana. Alice Swart (89) is ook een van die ouer lede.

Buiten maandelikse vergaderings hou die lede ook so gereeld moontlik spesiale geleenthede, waarvan Vrydag hul spesiale 32ste verjaarsdagpartytjie was.

“Ons het besluit ons gaan maak of ons nog kinders is, en het toe ‘n kinderpartytjie gereël.”

Die seniors het ook speletjies aan tafel gespeel, soos om ‘n ballon met net jou ken en skouer aan te gee. Almal het geskaterlag tydens dié speletjie.

“Ons doen dit want dis vir ons lekker om sosiaal te wees,” vertel Mariana, en sê dat ander toekomstige kuiergeleenthede ‘n boemelaarpartytjie, snoekbraai en Kersete insluit. Tydens elke geleentheid word daar geld of goedere ingesamel vir ‘n gesin of organisasie in nood.

Die Klub het tussen 50 en 60 lede en die aansluitingsgelde beloop R50 per jaar, “of jy nou in Januarie of Augustus aansluit.

“Ek nooi graag ander belangstellendes om by ons aan te sluit!”

Diegene wat belangstel kan gerus vir Mariana skakel by 011 762 3441 of 082 444 0173. Daar moet vir spesiale geleenthede vroegtydig plek bespreek word.

Ander Immergroen-geleenthede:

• 6 September: Immergroen-vergadering by Discovery Ontspanningsentrum. Bring en verkoop oulike goedjies om geld in te samel.

• 20 September: Boemelaarsete by die Discovery Ontspanningsentrum teen R30 per persoon. Trek slordig aan en deel in die pret.

• 4 Oktober: Maandelikse Immergroen-vergadering by die Discovery Ontspanningssentrum.

• 16 Oktober: Immergroen-snoekbraai by die Discovery Ontspanningsentrum teen R30 per persoon.

 

Related Articles

Back to top button