NewsSchools

Oud-Florrie ontvang gesogte toekenning

Florrie van 2008 met dekaansmedalje beloon.

Voormalige Florrie, Gerdus Benadè, nou ‘n BSc-student in Wiskundige Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch het die Fakulteit Natuurwetenskappe se Dekaansmedalje vir 2012 ontvang.

Die medalje van soliede silwer, is die fakulteit se hoogte toekenning, en word jaarliks toegeken aan ‘n honneurstudent wat oor die hele tydperk van sy of haar studie vir die BSc- en BSc Honneurs-graad die hoogte gemiddelde persentasie behaal het.

Gerdus het ‘n gemiddeld van 87,43 persent vir vier jaar se studies gehandhaaf, en hy slaag beide die BSc- en die BScHons-graad cum laude.

Professor Doug Rawlings, waarnemende dekaan van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe, het tydens die oorhandiging gesê dit is inderdaad ‘n prestasie om die top student te wees, veral aangesien die mededinging besonder sterk was.

Gerdus is tans besig met ‘n Meestersgraad in Operasionele Logistiek aan die US se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.

Hy het in 2008 aan die Hoërskool Florida gematrikuleer, waar hy onder meer die vierde beste matriekleerling in Gauteng was met 10 onderskeidings.

Beide sy ouers het ook aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer.

Related Articles

Back to top button