Local newsNews

Inwoners opgewonde oor Dee Dee Brownstraat

Na groot geswoeg en gesweet van beide partye is Dee Dee Brownstraat weer netjies.

Die inwoners van Dee Dee Brownstraat en die groter Wilropark area was al moedeloos ten tyde hulle die Record gekontak het oor die swak toestande van hul paaie.

Die Johannesburg Roads Agency (JRA) moes selfs om verskoning vra vir hul swak laswerk. Met raadslid Suzanne Clarke se insette het die JRA later belowe om die hele straat oor te teer “voor die einde van die finansiële jaar”.

Elke Record opvolg besoek was ‘n verdere teleurstelling, aangesien die JRA-werkers keer op keer net ‘n paar uur gewerk het of net nie sigbaar was in hul werk op dié straat nie. Die gevolg was dat heen-en-weer gesprekke en verskonings die norm geword het.

Op Maandag 1 Julie is die blye tyding met die Record meegedeel — Dee Dee Brownstraat is eindelik weer netjies.

‘n Inwoner het die Record gekontak en verduidelik dat JRA-werkers “al die hele naweek” gewerk het om die pad heeltemal oor te doen.

Die Record is toe genooi om self te gaan ondersoek instel, en dit is inderdaad die geval. Maandagmiddag kon vele motors die straat vrymoedig gebruik.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button