Die nuwe Graad 8-leerders van Hoërskool Bastion het die gehoor behoorlik vermaak met hul danspassies tydens hul jaarlikse groentjiekonsert. Die gala-aand, wat op Donderdag, 30 Januarie plaasgevind het, was die hoogtepunt van die week, aangesien dit ook as die inhuldigingseremonie gedien het waartydens die aggies as volwaardige Bastionners ingeburger is.
Kyk: Bastion se groentjies neem die verhoog oor
Die hoogtepunt van die aand was definitief die sing van die skoollied en die uitvoering van die tradisionele kreet.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2020/02/IMG_4931-Medium.jpg)