Schools

Generasie Alfa in al sy glorie gevier by Kruiners

Laerskool Helderkruin se jaarlikse revue was 'n dawerende sukses.

Laerskool Helderkruin het van 17 to 19 September ‘n baie spesiale revue, wat hulde bring aan Generasie Alfa (persone gebore tussen 2010 en 2024), die lig laat sien.

Volgens die skool se bemarkingsbeampte en revue-organiseerder, Karen Lourens, het leerders elke aand voor meer as ‘n duisend mense opgetree en was dit ‘n groot sukses.

“Dit het baie harde werk, beide van myself, die komitee en die leerders geverg, maar in egte Kruiners-tradisie het ons die toets met vlieënde vaandels geslaag,” sê Karen.

“Ek sou dit nooit sonder die hulp, bystand en toewyding van ons komiteelede Stephanie Bester, Ursula Niehaus en Carle Breytenbach, sowel as elke personeellid van Laerskool Helderkruin, kon regkry nie.

Kruiners se graad 7’s doen die Waka Waka.

“Natuurlik is ek ook geweldig trots op elke Kruiner wat hul hart en siel in die leer en opvoer van hierdie produksie ingesit het.”

Volgens Karen was die revue ‘n viering.

“Hulle is die kinders van tegnologie; die eerste generasie waarvan almal in die 21ste eeu gebore is, en die eerste generasie wat vanaf hul geboorte met tegnologie gelewe het.

“In plaas van ‘teenagers’ is hulle ‘screenagers’. Hulle het nie nodig om winkels toe te gaan nie want hulle kan enige artikel van enige plek regoor die wêreld bestel, met die druk van ‘n knoppie op ‘n selfoon. Hulle sal waarskynlik ook deur middel van tegnologie kan eksamen skryf, stem en werk.

“Tog is hulle nuuskierig, leergierig en hoogs-intelligent.

“Hierdie revue het Generasie Alfa in al hul glorie uitgebeeld en ons is baie trots dat die produksie so goed ontvang is.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button