Sport

Krieket-Kruiner vat driekuns teen Constantia Primary

Laerskool Helderkruin het puik vertoon in die onlangse krieketligawedstryd teen Constantia Primary.

Die kolwe het geklap en paaltjies gespat toe Laerskool Helderkruin se o11-krieketheld, Jacques Lourens, op 28 Augustus tydens hul ligawedstryd sy driekuns teen Constantia Primary behaal het.

In Jacques se eerste boulbeurt ā€“ die tweede boulbeurt van die wedstryd ā€“ is die aanvangskolwer met uitstekende veldwerk van Marais Botha uitgehardloop met ‘n ingooi direk op die paaltjies voordat hy die kolfkampie kon haal.

Tydens die vierde boulbeurt, met slegs 11 lopies op die bord vir Laerskool Constantia, het Marais met sy akkurate boulwerk nog twee paaltjies direk een na die ander geneem.

Jacques het tydens die vyfde boulbeurt op die aanval gegaan en skoonskip gemaak met ‘n uitstekende driekuns van balle direk op die paaltjies.

Uit die drie beurte wat Jacques tydens die wedstryd geboul het, is lopies van slegs een bal aangeteken en hy spog dus met ‘n driekuns en twee leĆ« boulbeurte tydens die wedstryd.

Jacques het hom ook tydens die wedstryd as ‘n puik kolwer en paaltjiewagter bewys en die opposisiespan en skeidsregter te alle tye op hul tone gehou.

Related Articles

Back to top button