Schools

Florries se kreatiwiteit beloon by Kompas Kunstefees

Laerskool Florida is trots op elke leerder wat aan die Kompas Kunstefees deel geneem het.

Hierdie jaar is die eerste keer dat die Kompas Kunstefees in Roodepoort bekendgestel is, en Laerskool Florida-leerders het ‘n wonderlike seisoen van kreatiwiteit en talent beleef.

Hierdie nuwe fees het van 15 tot 30 Julie plaasgevind, en dit het laerskole in die omgewing ‘n platform gebied om hul talente en kreatiwiteit ten toon te stel.

Dit is by verskeie skole soos Laerskool Horison, Heldekruin en Roodekrans aangebied, en dit het die RAK Kunswedstryd, wat altyd in die verlede plaasgevind het, vervang.

Sarah Koelewijn, Danica Scott en Chevelle Botes. Foto’s: Verskaf.

Die leerders neem deel aan ‘n uiteenlopende reeks uitvoerings, insluitend gedigvoordragte, monoloë, spreekkoor en koorsang.

Volgens Melissa Kruger, die skoolbemarkingsbestuurder, het die program ‘n wonderlike geleentheid gebied vir hul leerders om hul kreatiwiteit en passie vir die kunste ten toon te stel. Sy sê die leerders het besonder goed presteer in hul onderskeie kategorieë, en hulle het sertifikate vir hul werk ontvang.

“Met vanjaar se prestasies, verwag ons ‘n meer skouspelagtige seisoen volgende jaar, wat voortgaan om jong talent in ons gemeenskap te vier en te koester,” het sy gesê.

Related Articles

Back to top button