Sport

Jong sterre skitter by hokkietoernooi

Vyf hokkiespelers van Laerskool Horison blink uit by verskeie D12-kompetisies.

Vyf leerders van Laerskool Horison het bewys dat ouderdom net ‘n nommer is nadat hulle gekies is om aan die gesogte D12-hokkietoernooie, wat gedurende die skoolvakansie plaasgevind het, deel te neem.

Die Noordelike toernooi het in twee verskillende provinsies plaasgevind en het ‘n geleentheid aan jong hokkiespelers gebied om hul vaardighede ten toon te stel.

Die twaalfjarige Ariné Janse van Rensburg het haar vaardighede in Ermelo ten toon gestel, terwyl Kelly Homan, Suné Coetzee, Zanté du Toit en Amori Coetzee in Tzaneen deelgeneem het.

Volgens Maria-Lisé Pieters van die skool se bemarkingspan, het hierdie meisies sedert die begin van die jaar moeite gedoen, nie net in sport nie maar ook met hul akademie. Sy sê hulle het die skool met trots laat straal, en hulle kan nie wag om te sien wat die toekoms vir hulle inhou nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button