Local news

Mullies gr 1’s van 2024 buitengewoon verwelkom

Mullies het soos talle ander skole verlede week hul groentjies, oftewel graad 1-meerkatmaatjies, verwelkom.

Mullies het verlede week hul groentjies, oftewel graad 1-meerkatmaatjies, met ope arms verwelkom.

En wie sê daar word nie gewerk op jou eerste dag van skool nie? Dié klomp nuwelinge is buitengewoon aan die wêreld van Wetenskap bekendgestel danksy die Experi-buddies.

Graadeentjies met hul wit jasse. Hulle was omtrent opgewonde tydens <br />Experi-buddies se besoek.

Baie moeite was beslis ingesit om die eerste dag spesiaal en onvergeetlik te maak. Die oggend het begin deur die leerders amptelik te verwelkom in die saal deur die skoolbestuur. ‘n Klokseremonie het toe gevolg en sodra ‘n graadeentjie die klok lui, word hy of sy amptelik deel van die Mullies-familie. Na die formaliteite het atletiekoefening die ys gebreek. Later die dag het die groentjies ‘n instappie deur Experi-buddies bygewoon.

Die skool het ‘n oulike boodskap of twee vir die leerders gehad.

“Die wit jasse wat hul aangehad het, het ook sommer hul oë helder laat glinster. Die eerste dag in graad 1 is baie spesiaal want dit merk die eerste dag van formele leer vir die volgende 12 jaar. Daarom is dit belangrik om ‘n liefde vir leer van die begin af te kweek,” het skoolhoof Herman Byleveld gesê.

‘n Handvol graadeentjies word na hul klasse geneem.

Boonop pak Mullies vanjaar aan met vol en groot harte en volgens Herman staan die woord ‘harte’ vir harde werk, afhanklikheid van medemens en God, reg en verkeerd, talent en entoesiasme. Hy het ook die eerste dag van skool as opgewonde, suksesvol, vrolik, kreatief en pretvol beskryf.

Mullies se graadeentjies luister na Experi-buddies.

“Dit was ‘n reuse sukses want kennismaking was alreeds in 2023 met die nuwe groep gemaak tydens ons groet-en-ontmoet-aand. Dit het verseker dat ouers en leerders tuis voel,” het Herman gesê.

Die eksperiment was ‘n sukses!

Aktiwiteite waarna Mullies se graad 1’s kan uitsien is natuurlik verskeie sportsoorte wat netbal, rugby, skaak, hokkie en atletiek insluit, ‘n geleentheid om te sing in die koor en op die rekenaar te werk by die leessentrum.

Mullies graadeentjies tydens ‘n eksperiment.

Herman se boodskap aan elke meerkatmaatjie en matrieks van 2035 is dus, “Dit is die begin van ‘n verhouding en avontuur. Die reis is soos ‘n pretrit met verskeie pieke en valleie. Alle verhoudings word getoets in uitdaagende tye en nie in voorspoed nie. Die hele Mullies-gemeenskap is verantwoordelik vir opvoeding, onderrig en leer. Ons poog om wêreldklasburgers voor te berei vir omstandighede en realiteite wat nog nie eers bestaan nie. Die klem is op onbesproke karakter en nie net prestasie nie. Ons verhouding met ouers is onmisbaar tot voordeel van elke graad 1-meerkatmaat.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button