Schools

Graadeentjies wys wat in hulle steek

Ywerig vir die eerste dag en sonder enige trane het Laerskool Dr Havinga se graad 1's hulle staal gewys.

Laerskool Dr Havinga deel hulle ervaringe van die eerste dag van die nuwe skooljaar saam met hul nuwe graad 1’s.

Lizelle Kies, departementshoof vir die junior fase, het gesê: “Ons is baie opgewonde om meer as ‘n 100 spik-splinternuwe graad 1’s by ons uitnemende skool te verwelkom. Dit is ons droom om vir elke Havie die beste moontlike geleenthede te skep en om elkeen tot hul volle potensiaal te ontwikkel.”

Chinedu Chukwumeka.

Sy het verduidelik die oggend het baie goed afgeloop sonder enige trane.

“Ons is geseënd met wonderlike ouers wat ons skool ondersteun en ons kinders was gereed met wat hul nodig het vir ‘n spesiale eerste dag – van skryfbehoeftes tot heerlike kosblikke wat enige maats se ogies laat blink.”

Mulder Booysen.

Sy het genoem die kinders het hul eerste dag ywerig aangepak en reeds gewys wat in hulle steek. Hulle het ook elkeen ‘n geleentheid gekry om ‘n foto saam met die waarnemende skoolhoof, Stefan Thompson, te neem.

Xila Voninga.

“Ons weet vanjaar gaan ‘n spogjaar vir ons kinders wees! Ons skool, ouers en gemeenskap is ‘n wenspan want ons weet wat ons in mekaar het,” het Lizelle afgesluit.

Anne-Chelle van Wyngaard.
Tweeling Thokozili en Thokozani Madondo.

Related Articles

Back to top button