Schools

Junior Leeus-rugbyspelers ontmoet die VRK Goue Leeus-span

Laerskool Horison se junior Leeus spelers het die geleentheid gehad om hulle helde in die VRK Goue Leeus-span te ontmoet en van hulle te leer.

Spelers van die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) Goue Leeus het Laerskool Horison besoek en met die junior spelers kennis gemaak.

Een van die skool se Goue Leeus rugbyspelers, Lungelo Semele (nie in foto nie), kry raad by Izan Esterhuizen. Foto: Verskaf.

Annamien Smith van die skool het verduidelik die leerders kon raad vra by die rugbyspelers, wat hulle persoonlike wenke en ervarings gedeel het. Sy het verduidelik die rugbyspelers het die belangrikheid van harde werk en toewyding om jou drome te bewaarheid, benadruk.

Die graad een leerders saam met die Leeus spelers. Foto: Verskaf.

“Die spelers se vriendelike en opregte interaksie met die kinders het ‘n vonkel in baie ogies gesit. Laerskool Horison sê baie dankie vir die tyd wat julle aan ons kinders afgestaan het. Ons wens die VRK Goue Leeus-span alle sukses toe met die komende rugbyseisoen,” het Annemien afgesluit.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button