Local news

Bejaardes van Roodepoort gevier tydens senior burgers maand

Met al die veranderinge wat plaasvind wanneer mens ouer word, het bejaardes ook 'n oomblik van erkenning en bederf nodig.

Talle bejaardes is op 20 Oktober bederf as deel van Internasionale Maand vir Senior Burgers.

Willie van der Schyf van GrysKrag, ‘n nie-winsgewende organisasie wat daarop gefokus is om bejaardes te help met beplanning vir hulle aftrede, het verduidelik, “Ons as GrysKrag, ondersteun die projek landswyd as deel van ons Brugbouerprogram binne gemeenskappe en dorpe.”

Willie van der Schyf en Ina Wilken. Foto: Verskaf.

Hy het bygevoeg dat die boodskap vir die dag die verandering wat ouer word in ‘n persoon se lewe teweeg bring ingesluit het, en dat mense hierdie tyd moet gebruik om vir hulle aftrede voor te berei.

Matt Stern. Foto: Verskaf.

Matt Stern was die gaskunstenaar vir die dag saam met Annaretha Naude en Benita Waldeck as gassprekers.

“Clearwater Toyota is die afgelope vier jaar reeds betrokke en borg die funksie ter erkenning van die rol wat senior burgers in ons omgewing speel in die bevordering van samehorigheid binne ons gemeenskappe,” het Willie afgesluit.

Benita Waldeck. Foto: Verskaf.

Avbob het ook ‘n rol in die borg van die geleentheid gespeel.

Related Articles

Back to top button