Local news

Matriekleerder van Lantern kies sy ouma as metgesel vir matriekafskeid

Watter beter manier om ouma te wys jy gee om as om haar saam te neem na een van die belangrikste geleenthede in 'n kind se lewe?

Johan Holtzhausen, ‘n matriekleerder van Lantern School, het sy ouma Ebbie Jooste (74) gewys hoeveel sy vir hom beteken deur haar saam te neem na sy matriekafskeid.

“Hy en sy ouma het ‘n baie nou band sedert sy geboorte. Johan se ouma is die belangrikste persoon in sy lewe en ‘n groot inspirasie vir hom. Sy het hom ondersteun toe sy pa in 2015 oorlede is en is altyd daar vir hom om te luister of raad te gee. Hy wou haar spesiaal laat voel, daarom het hy besluit om haar te vra om hom te vergesel na sy matriekafskeid,” vertel Johan se ma, Hannetjie.

Sy vertel verder dat ouma Ebbie, wie haar hele lewe lank ‘n inwoner van Krugersdorp is, en haar man Nick was in 2022, 50 jaar getroud. Hannetjie het bygevoeg ouma is ‘n familiemens en daar is niks wat sy nie vir haar twee kinders en drie kleinseuns sal doen nie.

Sy noem wat Johan altyd van sy ouma sal onthou is hoe sy vir hom koue Milo maak, dit maak nie saak waarmee sy besig is nie.

“Vir ouma Ebbie was dit ‘n groot voorreg en eer. Sy het alreeds in Februarie begin uitkyk vir ‘n rok vir die spoggeleentheid. Johan het sy oorlede pa se ‘goeie diens’ as lapelwapen gedra ter herinnering aan hom. Johan Holtzhausen Senior was ‘n vliegtuigwerktuigkundige,” het Hannetjie afgesluit.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button