News

Ruimsig inwoner deel inspirasie vir sy eerste boek; film dalk in die pyplyn

‘n Plaaslike dokumentêre vervaardiger het destyds aanklank by die geskiedenis en kultuur van die Khoisan gevind nadat hy David Kramer se snit Ballade van Koos Sas gehoor het. Lees ook: https://www.citizen.co.za/roodepoort-record/2021/05/17/local-writer-tells-the-true-story-of-the-khoisan/ Pieter Pretorius het op aanslag geweet dat hy graag dieper navorsing oor die Khoisan wil doen, terwyl hy self verskeie kortfilms vir die Suid-Afrikaanse …

‘n Plaaslike dokumentêre vervaardiger het destyds aanklank by die geskiedenis en kultuur van die Khoisan gevind nadat hy David Kramer se snit Ballade van Koos Sas gehoor het.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/roodepoort-record/2021/05/17/local-writer-tells-the-true-story-of-the-khoisan/

Pieter Pretorius het op aanslag geweet dat hy graag dieper navorsing oor die Khoisan wil doen, terwyl hy self verskeie kortfilms vir die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie oor die Khoisan vervaardig het.

“Ek het toe op die storie van Koos Sas afgekom, en dit het my geinspireer om ‘n filmteks oor Sas en die kutluur skatte van die Khoisan te skryf,” verduidelik Pretorius. Hy vertel dat sy oorlede vrou destyds tydens die Covid-pandemie hom aangemoedig om die teks in ‘n boek te omskep.

“Ek het die finale kopie vir haar gegee en gesê as sy dink dit is goed sal ek dit ingee vir publikasie, maar as sy nie aanklank daarin vind nie vee ek die dokument uit,” vertel Pretorius.

Hy waarsku ook dat die boek nie in sagte doekies gedraai is nie en moontlik baie mense sal ontstel om dit te lees, maar ook dat die waarheid moet uitkom.

“Dit wissel tussen die werklike en onwerklike; dit is doeltreffend om die pleit van die Khoisan oor te dra. Die boek verg daaraan om mense bewus te maak van die gebeure van die verlede en wat Suid-Afrikaners destyds aangevang het,” vertel hy verder.

Hy noem ook graag die sinergie of balans tussen die Khoisan en natuur, en dat hulle heeltemal van die land af gelewe het.

Met sy ondervinding in film vervaardiging het Pretorius ingestem om sy boek, Die ballade van Koos Sas, in film te verwerk en sodoende die integriteit en waarhede in die boek deur te dring en in die film te hou.
“Daar gaan waarhede uitkom, dit is tyd om die verlede aan te spreek,” las hy aan.

Volgens die boek se uittreksel, speel dit af in die Touwsrivier-distrik en volg die storie van Sas, ‘n Khoi plaaswerker.

“Koos mis die vryheid wat sy voorvaders gehad het. Terwyl hy op die plaas werk kom hy tot die besef dat suidelike Afrika verdeel is in plase wat aan individuele eienaars behoort. Britse Imperialisme en die mag van die wet bring hom in konflik met die samelewing en kort voor lank is hy berug in die kolonie,” lees die uittreksel.

“Sy situasie word oornag meer gekompliseerd nadat hy ‘n Khoi meisie ontmoet met dieselfde oortuigings. Die soektog na vryheid word vererger deur Sas se miskenning van die Khoi mitologie, wat hom op die verkeerde pad plaas.”

Pretorius het verder aangedui dat hy vas op die spoor is met ‘n opvolg oor die Namas, en is tans besig om vir beide die film en die nuwe boek navorsing te doen. Die boek sal ook later in Engels beskikbaar wees, hulle is tans besig om hom te vertaal.

Lesers kan sy boek by plaaslike boekwinkels soos Bargain Books of Exclusive Books vind.

“Die boek gaan lesers ‘n voorsmakie gee vir wat in die film vir hulle wag,” het hy afgesluit.

 

Related Articles

Back to top button