Schools

Kruiners Sop-en-Blikkie-projek: Meer as 1 500 pakkies sop ingesamel

Al die verskillende grade het moeite gedoen en die sop bestandele vir die skool in ziplock sakkies gestuur met die kookinstruksies in.

Laerskool Helderkruin het ongeveer 1 597 pakkies sop en 1 230 blikkies ingesamel vir liefdadigheid.

Hulle Brei-‘n-Blokkie-projek verlede jaar, was so ‘n reuse sukses dat Laerskool Helderkruin die jaar besluit het op ‘n Sop-en-Blikkie-projek.

• Lees ook: Helpende Hand brei weer ‘n blok

“Ons het die projek op 18 Mei geloods en die sluitingsdatum was 20 Junie,” het Jessica Courtney, woordvoerder vir die skool, vertel.

Al die verskillende grade het moeite gedoen en die sop bestandele vir die skool in plastieksakkies gestuur met kookinstruksies daarop.

• Lees ook: Blokkies liefde vir winterwarmte

“Ons het dit gedoen vir ons eie Kruinerouers en leerders wat swaar kry maak ook weer soos laasjaar hande gevat met Helpende Hand om vir hulle iets terug te gee vir hulle getroue ondersteuning en bystand,” het sy verder vertel.

Liam Lange, in graad 5, en sy kleinboet Niél Lange, in graad 1, se gesin het 612 pakkies sop en dieselfde getal blikkies kos ingesamel.

Volgens Jessica, is daar ‘n verrassing vir Niél se klas wat die meeste ingesamel het en Liam gaan die “hoof” van die skool wees vir ‘n dag in die nuwe kwartaal.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button