Local news

Gemeenskap staan saam vir Louis

Louis roer die hartsnare van diereliefhebbers in sy uur van nood.

Louis, ‘n nege-jarige pitbull en rottweiler kruis, moes inderhaas na die veearts geneem word nadat hy deur ‘n motor getref is.

Volgens Andrette Bezuidenhout, sy eienaar, het hy by die hek uitgeharloop op die oomblik wat twee motors, een van bo en een van onder, in die straat afgery het. Die motoris wat van bo af gekom het, het gestop, maar die tweede motoris het nie gestop nie, en vir Louis getref. Andriette het bygevoeg dat die bestuurder wat vir Louis getref, ook net aanhou ry het, en nie gestop het nadat hy haar hond getref het nie.

Louis sterk tans tuis aan. Foto: Chanté Bolton.

Sy verduidelik ‘dis ‘n groot hond en ek kan hom nie optel nie’ en daar was niemand wat haar kon help om hom by ‘n veearts te kry nie. Sy het selfs die DBV en Friends of Rescued Animals (Fora) sowel as veeartse in die omgewing gekontak, maar sy is egter meegedeel dat hulle nie die hond by haar huis kan kom haal nie.

Gelukkig vir Andrette en Louis het die gemeenskap vinnig opgetree om tot hulle redding te kom.

Louis by die veearts. Foto: Verskaf.

Lané Hepburn, ‘n onderwyser by Laerskool Dr Havinga en ‘n diereliefhebber wat betrokke is by diereredding, het vinnig aan die werk gespring en na Andrette se huis gery om hulp te verleen. Louis was egter in baie pyn en wou niemand toelaat om hom op te tel nie, ‘hy wou net byt’. Lané het rondgebel en ander gekry om ook te kom help, na hulle sy mond toegedraai het kon hulle hom in die kar laai en na Ruimsig Veearts vervoer.

“As daar ‘n hondjie is wat hulp nodig het sal ek altyd probeer help. Ek het gehoop dat die hondjie nie te ernstig beseer was nie, en dankie tog, hy was nie. Dit is ‘n ernstige besering maar wat darem nie sy lewe gaan eis nie, en daarvoor is almal van ons ongelooflik dankbaar,” het Lané vertel.

Louis, die aand wat hy veearts toe geneem is. Foto: Verskaf.

Nicolette Flemix, wat deel is van EMS en Pet Rescue, het verduidelik sy het dadelik in haar kar gespring toe sy die boodskap van Louis op Facebook sien. Sy was egter in Randburg en dit sou ‘n rukkie neem vir haar om in Roodepoort te kom, so sy het Help24 gekontak om hulp te verleen.

“Ek is oor die algemeen ‘n emergency medical services junky en ‘n groot diereliefhebber, vir my is dit tweede natuur om altyd te wil help waar en hoe ek kan. Dié spesifieke nood het my dadelik aan die hart geraak omdat die tannie se enigste geselskap en boesem vriend seergekry het en sy nie self kon help nie. Dit is nie hoe ‘n mens van jou boesem vriend wil afskeid neem nie. Ek moes eenvoudig alles in my probeer om te kan help sodat dit nie die geval sal wees nie,” het Nicolette verduidelik.

Andrette het bygevoeg, “Ek was so bly, want anders sou hy hier gelê het tot wanneer toe, want ek kon hom nie vat nie. Ek is hulle ewig dankbaar.”

Sy het verduidelik Louis se pelvis is gebreek en van sy ribbes het seergekry, maar is Woensdagmiddag ontslaan om by die huis aan te sterk. Die veearts het ook vir Louis pyn medikasie gegee. Sy vra egter die hulp van die gemeenskap met die rekening wat tans R7 800 is; sy kan dit nie bybring nie. Enige persoon wat belangstel om te help kan Nicolette op 071 611 0727 kontak.

Andrette het afgesluit deur te sê sy is baie dankbaar dat Louis gesond sal word, en het bygevoeg dat hy haar maatjie is. Na haar man se afsterwe, hou hy haar geselskap en beskerm haar.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button