Local newsSchool sport

Havies mini-sportdag een vir die boeke!

Hierdie mini-sportdag het die geleentheid geskep vir die verskillende skole se leerders om mekaar te ontmoet en maats te maak.

Witpoortjie — Skole van regoor die Wes-Rand het op Saterdag, 20 Mei by Laerskool Dr Havinga se sportvelde bymekaargekom om ‘n dag van mini-rugby, mini-netbal en tonne pret te geniet!

Joshua Bosch van Laerskool Helderkruin hardloop met die bal na die doelpale toe.

Hierdie byeenkoms het verskeie vermaaklike aktiwiteite verskaf vir diegene wat nie deelgeneem het aan die sport aktiwiteite nie. Van ‘n skietbaan vir verfbalgewere tot ‘n lekker visvang aktiwiteit met magnete en toutjies vir die kleintjies.

Hefa Brits en Marelize Nortje.

Dit was sonder twyfel ‘n suksesvolle dag; die veld was propvol mense wat elkeen hulle skool ondersteun. Kinders het rond gehardloop met spookasem, skyfie-stokkies en pannekoek terwyl hulle ouers hulle aanskou.

Cayden Fehlhaber, Dylan Crause, Joshua Wolfaardt, Luan Botha, Jayce Esterhuizen, Sion Lamont en Liam van Niekerk van Laerskool Helderkruin.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button