Local newsSchools

Valentynsdag bloedskenking by Laerskool Die Ruiter Primary

Personeellede skenk bloed op Valentynsdag

Op 14 Februarie het die personeellede van Laerskool Die Ruiter Primary bymekaargekom om bloed te skenk. Die idee van die skenking het ontstaan nadat die skool bewus geword het van die groot bloedtekort in die land.

Suzette Louw an Rita van Zyl skenk bloed. Photo: Supplied.

“Ek het vir Sision van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens genader en gevra of ons op 14 Februarie ons liefde kan bewys deur aan onbekende mense bloed te skenk en so ook ‘n verskil te kan maak in ander se lewens. Liefde gaan nie net oor die verhouding tussen ‘n man en vrou nie, maar ook oor liefde vir ons medemens,” het Magda van der Bank vertel.

Die skool het vir die eerste keer so bloedskenkdag in 2022 gehou, en daar was slegs 15 deelnemers. Hierdie jaar, op Valentynsdag, het die getal gestyg na 23 skenkers.

Ma en dogter, Bianca Vermaak en Magda van der Bank. Photo: Supplied.

“Ons wil graag ander skole uitdaag om ook ‘n verskil te maak. Ons volgende bloedskenkdag is alreeds geskeduleer vir 21 April en dit is iets waarna ons baie uitsien!” het Magda afgesluit.

Related Articles

Back to top button