Local news

Groot liefde vir klein kuns

'Ek het eintlik oorspronklik juwele begin maak, en wou daarna graag 'n manier vind om kuns en juwele te kombineer.'

Met ‘n verfkwas as towerstaf, toor plaaslike kunstenaar James Deysel daagliks met net ‘n idee, ‘n doek en natuurlik ‘n bietjie verf.

Lees ook: Paying homage to Die Kunskamer, the gallery that changed the course of South African art

Lees ook: Kruiner Kunskompetise-wenners aangekondig

Hy het ongeveer vyf jaar gelede sy eerste verfprojek voltooi en sedertdien het die gogga ordentlik gebyt. Alhoewel dié kuns hom nooit vantevore aangestaan het nie, het dit eers later sy belangstelling geprikkel toe hy as pensionaris ‘n inkomste wou genereer.

James Deysel met een van sy kunswerke. Foto: Alanicka Lotriet.
James Deysel met een van sy groter kunswerke. Foto: Alanicka Lotriet.

Dit volg nadat hy vir meer as 30 jaar ‘n transmissie kontroleerder by M-Net was.

“Ek het die talent eers ontdek toe ek afgetree het. Ek het eintlik oorspronklik juwele begin maak, en wou daarna graag ‘n manier vind om kuns en juwele te kombineer. Ek het toe miniatuur skilderye begin maak wat ek in borsspelde en hangertjies omskep,” het hy vertel.

Deysel verf sedertien graag bekende Suid-Afrikaanse landskappe soos dié vanuit Cederberg, Chobe Nasionale Park, Clarens, Camdeboo Nasionale Park en die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin om net ‘n paar te noem.

James Deysel is passievol oor sy kuns. Foto: Alanicka Lotriet.
James Deysel is passievol oor sy kuns. Foto: Alanicka Lotriet.

Soos sy passie vir die kunste gegroei het, het sy verfdoeke ook al groter geword.

“Ek het klein begin, en al groter gegaan. As ek nie miniatuur skilderye verf nie, eksperimenteer ek graag op groot verfdoeke. Ek verf meestal enige iets wat buite, in die natuur voorkom. Die groter verfdoek is beslis ‘n baie lekker uitdaging,” het Deysel met groot opgewondenheid vertel.

James Deysel se kuns. Foto: Alanicka Lotriet.
James Deysel se kuns. Foto: Alanicka Lotriet.

“Dis net iets lekkers om te doen, want dit daag jou uit om kreatief te wees. Dit kalmeer ‘n mens en help jou om te ontspan. Al is die proses vreeslik lekker, is die eindproduk gewoonlik baie bevredigend.”

Dié kunstenaar stal gereeld sy produkte uit by plaaslike markte, en nooi daarom die gemeenskap uit om by sy stalletjie ‘n draai te maak in toekoms. Hy kan ook gekontak word op 079 433 8651 vir meer inligting.

James Deysel met een van sy kunswerke. Foto: Alanicka Lotriet.
James Deysel met een van sy kunswerke. Foto: Alanicka Lotriet.

Related Articles

Back to top button