EntertainmentKidsLocal newsPrimary School

Havie skoonheid laat die koppe draai

Die Havie-familie is trots op Marchene en haar uitstekende prestasies.

Al maak krale en grimmering jou van buite af mooi, straal ware skoonheid van binne af uit.

Laerskool Dr Havinga spog dus met een van hul leerders, Marchene Otto wat op Saterdag, 8 Oktober behoorlik die koppe laat draai het by die Miss Teen South Africa skoonheidskompetisie.

Die kompetisie was georganiseerd deur Carolyn Baldwin Botha van Pageants SA en gehou by die Association of the Portuguese Community of Pretoria (ACPP) Hall in Pretoria.

Die graad 6-leerder het gedurende die kompetisie verskeie titels ingepalm.

Dit sluit die volgende in:
• Miss Teen SA Tweede Prinses
• Miss Teen Ekurhuleni Wenner
• Miss Teen Supreme Eerste Prinses
• Miss Teen Global SA Wenner

Sy kwalifiseer dus om Suid-Afrika in die internasionale skoonheidskompetisie, wat volgende jaar in Turkye gehou sal word, te verteenwoordig. Die Havie-familie is trots op Marchene en haar uitstekende prestasies en wens haar sterkte toe met haar opkomende kompetisies.

Marchene Otto is passievol oor die skoonheidskompetisiewêreld. Foto: Alanicka Lotriet.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button