NewsSchools

Sentraal-Gauteng-kleure vir Kruiner-gimnas

Die kompetisie het in Pretoria plaasgevind waar dié graad 6-leerder in die Vlak 7-kategorie deelgeneem het.

Laerskool Helderkruin se Janiké Meintjies het onlangs haar skool se naam hoog gehou tydens die Sentraal-Gauteng Gimnastiekkompetisie.

Janiké Meintjies met haar medaljes.

Die kompetisie het in Pretoria plaasgevind waar dié graad 6-leerder in die Vlak 7-kategorie deelgeneem het.

Janiké het gedurende die geleentheid drie bronsmedaljes verower op balk, vloer en sprong. Sy het ook haar Sentraal-Gauteng-kleure verwerf en gaan van 8 tot 10 September aan die Provinsiale kompetisie deelneem.

Die Kruiner-familie is trots op Janiké se puik prestasie en wens haar sterkte toe met die kompetisie wat voorlê.

Related Articles

Back to top button