NewsSchools

Roodie-danser haal uit en wys in Spanje

Hulle sê nie verniet dat dinamiet in klein pakkies kom nie.

Laerskool Roodies se Amelie Raats het gedurende die vakansie sirkels om haar mededingers gedans toe sy aan die Dance International-kompetisie deelgeneem het.

Amelia Raats verteenwoordig haar land in Spanje.

Dié kompetisie het in Spanje plaasgevind waartydens 62 lande vir die Dance World Cup gekompeteer het. Uit die 67 lande het dié sewejarige 16de in die o.12-afdeling geëindig.

Amelie Raats op die verhoog.

Sy het egter bewys dat dinamiet in klein pakkies kom toe sy as die jongste deelnemer in haar solokategorie ‘n spesiale toekenning ontvang het. Sy het boonop ‘n gouemedalje verower.

Die skool is trots op Amelie en haar uitstekende prestasies.

Related Articles

Back to top button