Local sportSport

Kwaggas kraai koning

Laerskool Helderkruin se Kwaggas het die afgelope seisoen hul beste gegee op die rugbyveld.

Laerskool Helderkruin het na die afgelope rugbyseisoen rede om te glimlag. Hul eerste rugbyspan – beter bekend as die Kwaggas – het koning gekraai by die Konka Rugbytoernooi sowel as in die Goue Leeus Superliga.

Volgens Kruiner-afrigter, Eddie du Plessis het die Kwaggas vroeër vanjaar tydens die Konka Rugbytoernooi kragte gemeet met skole van regoor Suid-Afrika. Alhoewel die kompetisie taai was, het hulle as die wenners van die toernooi weggestap.

Daarna het die span aan die Goue Leeus Superliga deelgeneem waartydens hulle teen ander skole in dié liga gespeel het. In die eindstryd het hulle en Laerskool Kenmare se eerstespan gelykop gespeel met ‘n telling van 24–24.

Afrigter Deon Gouws saam met onderkaptein, Jayden Brown, kaptein Jaydon Jubber en afrigter Eddie du Plessis.Foto: Alanicka Lotriet.

“Die Kwaggas het regtig hul harte uitgespeel, en dit het gesorg vir baie mooi wedstryde. Ek is trots op elke speler se uitnemende spel; hulle het hierdie seisoen baie hard gewerk,” het Eddie ten slotte vertel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button