NewsSchools

AfriForum besoek Havies

Dié besoek vorm deel van die AfriForum-veldtog wat as bewusmaking van afknouery in skole dien.

Op Vrydag, 27 Mei het die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan ‘n spesiale besoek by Laerskool Dr Havinga afgelê.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/roodepoort-record/2021/04/26/kyk-dra-jou-masker-anders-kry-jy-macarona-web-of-jy-wil-nie-die-macarona-kry-nie/

Dié besoek vorm deel van hul veldtog wat as bewusmaking van afknouery in skole dien en sluit inligtingsessies met leerders in.

Volgens AfriForum se jeugleierskapbestuurder, Leandie Bräsler is dit vir die organisasie belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan.

“Veilige skole sorg ook vir ’n veilige gemeenskap; nie net nou nie, maar ook in die toekoms. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die nodige kennis en vaardighede om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind, en dus boeliebestand te wees,” het sy vertel.

Kinders word ook geleer om te kan onderskei tussen afknouery en konflik.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/roodepoort-record/2020/10/26/laerskool-dr-havinga-leerders-droom-groot-vir-die-toekoms/

“Boeliebewusmaking is baie belangrik in vandag se samelewing. Alhoewel ons nie by #onsskool ’n groot probleem hiermee ervaar nie is dit steeds belangrik om kinders te bemagtig met die nodige kennis en vaardighede sodat hulle weet hoe om op te tree indien hulle hulself in ‘n boeliesituasie bevind,” het die skool se departementshoof van opvoedkundige leiding, Elria Lennon vertel.

Sy beskou dit ook as baie belangrik om empatie onder leerders te skep vir ander wat geboelie word.

Vir meer inligting oor AfriForum se teenboelieveldtog besoek gerus www.teenboelie.co.za.

Related Articles

Back to top button