Local newsNewsSchools

Roodie Akademie ontvang spesiale besoekers

Die leerders kon selfs die ambulanse van binne bekyk.

Die skoolvakansie het onlangs op ‘n hoë noot afgeskop toe ER24-personeel ‘n spesiale besoek by Roodie Akademie Naskoolsentrum afgelê het.

Op Donderdag, 24 Maart het die betrokke paramedici met groot passie gedemonstreer hoe om suurstof toe te dien, hoe om ‘n wond te verbind en hoe om ‘n beseerde persoon te stabiliseer en op ‘n draagbare bed te plaas.

Die leerders leer meer oor die paramedici en hul werk. Foto: Verskaf.

Leerders het hul ore gespits om seker te maak dat daar nie ‘n brokkie inligting verlore gaan nie. Volgens sentrumhoof Tammy Buys, was dié opwindende besoek deel van hul vakansieprogram.

Reinhard Roos word op ‘n draagbare bed geplaas. Foto: Verskaf.

Die leerders kon selfs die ambulanse van binne bekyk, en die besoek is afgesluit toe die paramedici die kinders se vrae beantwoord het en met hulle gesels het.

“Ons het die waarde van dié mense besef en dit is definitief hulle vir wie jy in jou uur van nood aan jou sy sou wou hê,” het Tammy vertel.

“Ons sê ook graag dankie vir ER24; die kinders het dit vreeslik geniet! Dit was nie net groot pret nie, maar leersaam ook.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button