Local sportNewsSchoolsSport

Bastion toon sy krag met eerste wintersportbyeenkoms van vanjaar

Allen Glen High School besoek Witpoortjie vir die eerste wintersportdag van die jaar.

Atlete, ouers, afrigters en sportliefhebbers kon uiteindelik teruggekeer na die gesogte sportvelde van Hoërskool Bastion.

Photo: Jarryd Westerdale.

Die trots van Witpoortjie het Allen Glen High School verwelkom vir die eerste wintersportdag van die jaar op Saterdag, 5 Maart. Die toeskouers langs die netbalbane en hokkie- en rugbyvelde het gebars van afwagting en die gille en gejuig van passievolle ondersteuners het hul spanne tot oorwinning aangevuur.

Photo: Jarryd Westerdale.

Op die netbalbane het Bastion hul besoekers van Allen’s Nek oorheers en al ses die dag se wedstryde gewen. Die o.14’s het 14–5 gewen, die o.15’s 26–3, die o.16’s 16–7 terwyl die o.17’s net-net met 12–11 gewen het. Die tweedes het die grootste telling van die dag aangeteken met ‘n 42–2-oorwinning, terwyl die eerstes ‘n gemaklike 31–4-oorwinning behaal het.

Photo: Jarryd Westerdale.

Daar is net twee hokkiewedstryde gespeel, een deur die seuns en een deur die dogters. Die meisies was meedoënloos, en het van begin tot einde konstante druk toegepas en hul teenstanders met 10–0 verpletter. Die Bastion-seuns het ‘n baie moeiliker uitdaging teen ‘n vinnige en vaardige Allen Glen-span gehad. Die besoekers het vroeg voorgeloop en nadat Bastion die telling gelykop gemaak het, het Allen Glen drie laat doele bygevoeg om met 4–1 te wen.

Photo: Jarryd Westerdale.

Die meeste van die oë was op die rugbyveld met Bastion wat verskeie kragvertonings gelewer het. Allen Glen se o.15’s het die skoonskip bederf met ‘n 29–0-oorwinning, maar die Bastion o/14’s, o/16’s en tweedespan het almal onderskeidelik 15–5, 5–0 en 17–0 gewen. In die hoofwedstryd tussen die eerstespanne het Bastion se begeesterde Blou Masjien na ‘n kwaai stryd welverdiend met 22–14 met die besoekers afgereken.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button