Hoërskool Florida het op Woensdag, 9 Februarie hul jaarlikse interne ATKV Redenaarskompetisie gehou.
Vier-en-twintig redenaars het die gehoor met groot entoesiasme van hul standpunte probeer oortuig. Daar was boonop wisseltrofeë op die spel wat van dié jaar af in die junior- en die seniorafdeling toegeken word.
Aangesien die toesprake van ‘n baie hoë gehalte was, gaan al die sprekers aan die eerste ATKV-rondte deelneem, wat na verwagting op 19 en 20 April by Hoërskool Linden gehou gaan word.
Die temas vir die juniorafdeling was ‘krake’, ‘gids’ en ‘erfenis’, terwyl temas vir seniors ‘keuses’, ‘grense’ en ‘maatstaf’ was.
Die wenners is soos volg:
Juniors:
• Eerste – Lente de Villiers
• Tweede – Christo van der Walt en Liani Erasmus
• Derde – Wilma Laban
Seniors:
• Eerste – Jandré Visser
• Tweede – Crystal-Leigh Schaper
• Derde – Kristie van Wyk
Florries is trots op die leerders en hul prestasies, en wens hulle alle sterkte toe met die kompetisies wat voorlê.