NewsSchools

2021-matrieks positief oor toekoms

Lantern Skool is trots op wat elkeen van hul voormalige matrieks bereik het, ten spyte van al die Covid-19-uitdagings.

Talle matrieks se skoolloopbaan het uiteindelik tot ‘n einde gekom toe hulle hul uitslae op Vrydag, 21 Januarie ontvang het.

Met groot gees en opgewondenheid het dié voormalige hoërskoolleerders vir die laaste keer by hul skoolhekke uitgestap. By Lantern Skool was die gees net so opvallend toe die saaldeure om 08:00 vir die 2021-matrieks oopgemaak is.

Die Record het daar met ‘n verligte Armand Venter gesels.

“Vir my was die eksamen redelik oukei en die toetse maklik. Ek moet ook sê dat die eindeksamen selfs makliker as die rekordeksamen was,” het hy vertel.

Alhoewel Armand tans vir sy pa by ‘n vervoermaatskappy werk, wil hy graag in die toekoms berading of sielkunde studeer. Sy passie vir die welstand van ander het hom nog altyd gedryf, en hy wil graag daardie natuurlike belangstelling ontgin.

Lantern Skool is trots op wat elkeen van hul voormalige matrieks bereik het, ten spyte van al die Covid-19-uitdagings. Die skool glo dat die jongmense goed toegerus is met kennis vir die pad vorentoe en dat hulle suksesvol sal wees in hul lewensreis.

Related Articles

Back to top button