Local newsNews

Skittervroue ‘n lig in die donker

Die opwindende mark is langs Witpoortjie se putt-putt-baan gehou.

Die NG Kerk Mindalore se vroue was op Saterdag, 4 Desember soos ‘n lig in die donker toe hulle hul eerste Skittervroue Kersfeesmark ten spyte van onweer vir die gemeenskap gehou het.

Die opwindende mark is langs Witpoortjie se putt-putt-baan aangbied en was volgens organiseerder, René Kleynhans ten bate van die kerk en die gemeente se Skittervroue.

Hannetjie en Christo Hughes verkoop saam met Sandra Weyers pragtige ongeverfde porselein beeldjies. Foto: Alanicka Lotriet.

Gemeenskapslede kon kies tussen items soos juwele, parfuum, popklere, Kerskaartjies, essensiële olie-produkte en natuurlik heerlike pannekoek. Daar was selfs ‘n witolifanttafel waar besoekers kon kies en keur.

Dominee Henning Mostert het dit geniet om die dag saam met gemeentelede en besoekers te spandeer.

Izé van Jaarsveld verkoop haar handgemaakte produkte. Foto: Alanicka Lotriet.

“Die mark was ‘n goeie ondervinding, en ‘n sukses vir ‘n eerste probeerslag. Ons glo die gemeente sal goed baat by die fondsinsameling. Boonop het almal die dag geniet en ons glo ons sal volgende jaar weer so ‘n mark hou,” het René vertel.

Sy bedank graag vir Laerskool Dr Havinga, Piet, Barbara asook elkeen wat betrokke was en ‘n stalletjie gehad het, sowel as die kinders wat gehelp het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button