Local newsNews

Doddi en Bobbi die kinders se gunstelinge by Kloofendal Gemeentekermis

"Ons mis die samesyn as 'n gemeente. Die atmosfeer was heerlik"

Die Nederduitse Gereformeerde Kerk Kloofendal het op 30 Oktober ‘n gesinsvriendelike kermis aangebied.

Die pretdag was ‘n geleentheid vir die gemeente om die tyd in te haal wat tydens die Covid-pandemie verlore gegaan het. Daar was ‘n wye verskeidenheid tradisionele kos, baie lekkers en koek, en pret vir die hele gesin gehad. “Ons mis die samesyn as ‘n gemeente. Die atmosfeer was heerlik,” het organiseerder Johan van Schoor, gesê.

Stephanie ‘Bibbi’ Barnard. Foto: Jarryd Westerdale.

Spesiale gaste by die kermis was Doddi en Bibbi, wat die jongste lede van die kerk vermaak het. “Ons skryf Christen-liedjies vir kinders met die doel om die evangelie te versprei, kinders aan te moedig om hul geloof te behou en hoop vir hul toekoms te hê,” het Stephanie ‘Bibbi’ Barnard gesê. Die vermaaklike egpaar doen al 14 jaar sendingwerk en beplan om hul nuwe YouTube-kanaal te gebruik om hul boodskap wêreldwyd te verprei.

Die pannekoekbakkers en doktor Adré. Foto: Jarryd Westerdale.

Hoewel daar ook tombola en gesigverf was, was die kinders se grootste gunstelinge die donkie en sy sangmaat, die 2017 Goema Awards Gospel-genomineerde Doddi en Bibbi. Altyd inspirerend het Stephanie bygevoeg, “Ons hoef vir niks bang te wees nie. God is altyd in beheer en sal ons nie verlaat nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button