Havies-hokkiespelers vir D12 Distrikspan gekies
'Die leerders sal teen die einde van die jaar begin oefen vir volgende jaar se wedstryde en toernooie.'
Nege Havie-hokkiespelers het onlangs hul skool se naam hoog gehou toe hulle in die onderskeie D12 Distrikspanne opgeneem is.
Volgens hokkie-organiseerder en o.12-dogterspanafrigter, Alet Blom is die spanne verlede week aangekondig.
“Die leerders sal teen die einde van die jaar begin oefen vir volgende jaar se wedstryde en toernooie. Hulle het hard gewerk om tot hier te kom en hulle is verskriklik opgewonde oor die hokkieseisoen wat voorlê,” het sy vertel.
Hierdie leerders het die onderskeie Distrikspanne gehaal:
o.12-seuns
• Xian Nienaber
• Divan Lubbe
• Keagan Grobler
o.12-dogters
• Chené Theron
o.13-dogters
• Zwané Britz
• Lara Erasmus
• Khanyisile Sithole
o.13-seuns
• Francois Botes
• Ethan Hulme
Laerskool Dr Havinga is trots op die leerders en wens hul alle sterkte toe vir die jaar wat voorlê.