Local newsMunicipalNews

Ontmoet Wyk 97 se VF Plus-kandidaatraadslid

My eerste prioriteit is om dienslewering en instandhouding van parke en paaie te verbeter, asook om seker te maak dat die begrote fondse, wat afkomstig is van die belastingbetaler, nie op ongemagtigde en ongewenste uitgawes spandeer word nie.

Doeltreffende bestuur is noodsaaklik vir die behoorlike funksionering van die plaaslike regeringsfeer en beskryf die prosesse waardeur munisipaliteite prioriteite stel, besluite neem, aanspreeklikheid versterk en met die gemeenskap kommunikeer.

Voor die komende plaaslike verkiesings het die Northsider ‘n paar vrae aan die VF+ se Wyk 97- kandidaatraadslid, Ruan Olivier, gestuur.

• Wat sou jy anders doen as die huidige wyksraadslid?

As wyksraadslid sal ek baie graag dienslewering in die wyk wil verbeter. Ek sal ook die toestand van paaie, parke, en riool- en sanitasiewerke prioritiseer, om te verseker alles is in werkende toetand. Ek sal ook seker maak dat begrote fondse nie bestee word aan uitgawes wat nie nodig is nie.

• Hoe is jy betrokke by die gemeenskap?

Ek is betrokke by Totius Ministries aan die Wes-Rand van Gauteng met uitreike na minderbevoorregte gemeenskappe deur donasies wat ingevorder word te versprei aan die gemeenskappe.

• Watter ervarings uit die verlede maak jou uniek geskik vir hierdie rol?

As gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester was ek betrokke by verskeie munisipale oudits asook by die finansiële departemente van JSE-genoteerde maatskappye. My kennis sal veral voordelig wees as dit kom by finansiële begrotings en die besteding van fondse.

• Wat is jou visie vir jou wyk?

My visie is om die gemeenskap te dien en hulp te verleen sodat almal in die gemeenskap tevrede sal wees met dienslewering. Ek wil die minderheidsgroepe ondersteun en dit geld vir alle gemeenskappe.

• Hoe voel jy kan hierdie visie bereik word?

Deur samewerking in die gemeenskap en seker te maak dat onenigheid nie plaasvind nie

• Hoe weerspieël jou party jou persoonlike oortuigings?

Die Vryheidsfront Plus is ‘n party wat staan vir die belange van die minderheidsgemeenskappe. Die Vryheidsfront Plus is nie gebonde aan ‘n spesifieke ras nie maar stel die belange van alle gemeenskappe eerste.

• Sê vir die inwoners van jou wyk in 50 woorde of minder waarom hulle vir jou moet stem.

My eerste prioriteit is om dienslewering en instandhouding van parke en paaie te verbeter, asook om seker te maak dat die begrote fondse, wat afkomstig is van die belastingbetaler, nie op ongemagtigde en ongewenste uitgawes spandeer word nie.

As lid van die Vryheidsfront Plus sal ek seker maak die belange van die minderheid word eerste gestel.

DISCLAIMER: Caxton Local Media is always objective. When we report on the views of politicians or political parties, the reasonable reader should be able to gather that the views are those of the interviewees, and not of the publication interviewing them. If an editor believes that there may be room for doubt in this regard, a disclaimer will be added to the reporting, stating: “The views expressed in this report were expressed by the relevant interviewee(s) and the party or parties they represent, and are not held by this publication.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button