Local sportSport

Ruiter gallop tot in Gauteng-Wes span

Dié 10-jarige ruiter ry al vir meer as die helfte van haar lewe.

Laerskool Horison spog met een van hul leerders, Bea-Ann Ehlers, wat onlangs deur die South African National Equestrian Schools Association (Sanesa) vir verskeie Gauteng-Wes spanne gekies is.

Sy het in drie van die dissiplines naamlik Dressage, Equitation en Showjumping gekwalifiseer nadat sy aan die eerste drie kwalifiserende rondtes van die Sanesa Opleidingskou by Maple Ridge Equestrian Estate deelgeneem het. Bea-Ann kon egter nie aan die vierdie rondte deelneem nie omdat sy en haar familie moes isoleer as gevolg van Covid-19.

Dié 10-jarige ruiter ry al vir meer as die helfte van haar lewe en het vertel haar liefde vir perde is te danke aan haar mamma. Bea-Ann neem vir die agfelope vyf jaar lesse by Aragon Stables in Muldersdrift en het begin kompeteer op die ouderdom van ses.

“My gunsteling is om die verhouding met jou perd te bou, soos wat ek en my perd ‘Dance the Dance’, ook bekend as Buddy, het. Dis lekker om jou vertroue in die massiewe dier te stel en as ‘n span saam te presteer,” het sy vertel.

Bea-Ann en Dance the Dance in aksie. Foto: Denford Studios.

‘n Paar ander kompetisies waaraan sy al deelgeneem het, sluit in die Sanesa Skolekompetisie, Interne Aragon Stallekompetisie, en die Stepping Stones Kompetisie.

Haar grootste prestasie tot dusver is toe sy haar skool as Nuweling in die Nasionale Sanesa Kampioenskappe in 2017 verteenwoordig het. Sy spog ook met haar eerste 40km-uithourit wat sy in 2018 voltooi het.

Bea-Ann oefen nou hard om Gauteng-Wes in die finale rondtes in September te verteenwoordig.

“Ek wil graag eendag my land by die Olimpiese Spele in Dressage en Showjumping verteenwoordig. Ek wil ook lesse gee vir ander deelnemers om dieselfde passie as wat ek het aan hulle oor te dra,” het sy vertel.

Haar rolmodel is die Olimpiese Dresseerder Charlotte Du Jardin met haar perde ‘Valegro’ en ‘Gio’, ook bekend as ‘Pumpkin’.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button