LettersOpinion

Nog ‘n dag op die ‘Woes’-Rand

As iemand my bel sê ek nie eers “Hallo” nie. Ek sug net: “Ja… ek leef nog”.

Roland la Vey van Roodepoort skryf:

Die ander dag met sonsondergang plak ek my moeë bas op ‘n tuinstoel in my agterplaas neer met ‘n beker koffie. “Nou gaan ek lekker terugsit en ontspan,” het ek hardop gedink. My woorde was skaars koud toe begin die skote klap. Ek het dadelik geweet dit was vuurwapens en nié vuurwerke nie. Die volgende oomblik was daar ‘n groot ontploffing so naby ek kon dit ruik. ‘n Kolom swart rook het agter die huisdak opgerys en skote het aanhou klap in die rigting van Die Ruiter Laerskool. Dit het geklink soos oorlog.

My eerste gedagte was, transitorooftog, en ek was reg. Kort voor lank het sirenes in die verte geloei en later het ‘n helikopter in die area begin sirkel. Ek wil nou nie ‘n groot bohaai oor die hele affêre maak nie. Ons weet almal dat misdaad in die sogenaamde nuwe dispensasie reeds amptelik vergelyk word met laeskaalse konvensionele oorlog. Daaglikse trauma en slapelose nagte as gevolg van misdaad is doodnormaal in Suid-Afrika. Om nog ‘n dag asem te haal is ‘n terloopse ding en nie eers waardig as sosiale media status nie. As iemand my bel sê ek nie eers “Hallo” nie. Ek sug net: “Ja… ek leef nog”.

Dit is nogal jammer die rowers het nie hulle buit oor my muur gegooi terwyl hulle op die vlug geslaan het nie. Ek sou die geld gebruik het om te emigreer. Of dalk te bly? Mens kan so ‘n sak gesteelde geld aanwend om die polisie om te koop om ondersoek in te stel as daar verdagte aktiwiteit in die buurt is.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button