NewsSchools

Nuwe glimlaggende gesigte by Bastion

Vanjaar het Hoërskool Bastion vier nuwe lede tot die skool se gesin verwelkom.

‘n Skool is nutteloos sonder toegewyde personeel wat die denke vorm van die leerders wat hulle onderrig. Vanjaar het Hoërskool Bastion vier nuwe lede tot die skool se gesin verwelkom.

Jaco de Wet is die nuwe Departementshoof en sal Wiskunde en Tegniese Wiskunde aanbied. “Ek sien baie daarna uit om saam met die leerders te werk en dit gaan vir my ‘n groot voorreg wees,” het hy gesê.

Nog ‘n belangrike persoon wat by die skool aansluit, is die nuwe adjunkhoof, Ju-han Swart. Ju-han was vir die afgelope nege jaar by verskeie skole aan die Wes-Rand betrokke waar hy as Departementshoof en ‘n sportafrigter gewerk het. Ju-han het gesê dat onderwys in sy bloed is en dat sy uiteindelike doelwit is om vir leerders ‘n mentor te wees. “Dit is vir my ‘n groot voorreg om by Hoërskool Bastion as adjunkhoof aan te sluit. Ek wil ‘n rol speel om die skool se visie vir 2021 te bewaarheid, sodat die skool nuwe grond kan breek en hoër hoogtes bereik,” het Ju-han afgesluit.

Nuwe Departementshoof, Jaco de Wet saam die skool se hoof, Gert Koekemoer. Foto: Amy Slocombe.

Die laaste twee personeellede wat Bastion vanjaar verwelkom het, is Simoné Carstens en Nicole Niemann. Simoné het drie jaar ondervinding in die onderwys en sy is ook ‘n gekwalifiseerde ATKV-beoordelaar, asook ‘n National Arts Association geakkrediteerde beoordelaar. Nicole het vir twee jaar in Swartruggens (‘n klein dorpie in Noordwes) skoolgehou, en sy gaan Afrikaans, Geskiedenis en LO by Bastion aanbied. Sy gaan ook betrokke wees by atletiek en hokkie.

Simoné Carstens en Nicole Niemann, Bastion se nuwe onderwyseresse. Foto: Amy Slocombe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button