CrimeNews

Beskerm jouself so teen dié nuutste slenter

Die nuutste neiging is net 'n variasie van phising, en word vishing (voice phishing) genoem. Hierdie slenter verwys na ‘n strategie waar booswigte jou per foon sover kry om jou persoonlike inligting en rekeningbesonderhede vir hulle te gee.

Kriminele is gedurig besig om nuwe maniere uit te dink om jou persoonlike besonderhede in die hande te kry, en net as jy dink jy is ken al hulle slenters steek daar ‘n nuwe een kop uit.

Die nuutste neiging is net ‘n variasie van phising, en word vishing (voice phishing) genoem. Hierdie slenter verwys na ‘n strategie waar booswigte jou per foon sover kry om jou persoonlike inligting en rekeningbesonderhede vir hulle te gee.

‘n Constantia Kloof-inwoner, wat anoniem wil bly uit vrees dat sy gesin verder geteiken kan word, het vertel dat hulle die afgelope maand reeds twee gevalle hiervan teëgekom het. “Elke keer het mense gebel en gesê dat iemand ‘n groot bedrag geld uit ons rekeninge probeer onttrek. Gelukkig het ons, voordat ons enige persoonlike inligting uitgegee het, die bank geskakel, wat glad nie daarvan bewus was nie,” het hy gesê.

Ricardo Coetzee, woordvoerder van Virseker, het gesê, “Hierdie misdadigers sal tipies honderde oproepe per dag maak en hulself voordoen as verteenwoordigers van banke en ander finansiële instellings, sagtewaremaatskappye, sekuriteitsmaatskappye, regeringsinstansies en meer, en voorgee dat jou rekening, foon of rekenaar se veiligheid in gedrang is.”

Volgens die South African Bank Risk Information Centre (SABRIC) se HUB, Nischal Mewalall, word te veel Suid-Afrikaners steeds slagoffers hiervan, ten spyte van ernstige en herhaalde waarskuwings, en hy het bygevoeg, “Soos wat robuuste risikobeperkingstrategieë dit moeiliker maak vir misdadigers om by stelsels in te breek en data te steel, word sosiale ingenieurswese gebruik om menslike emosies en optrede uit te buit en dan hierdie inligting te gebruik om ander misdade te pleeg. Dit is ‘n dubbele slag vir verbruikers: Eerstens word hulle slagoffers van identiteitsdiefstal en dan word hulle slagoffers van bedrog.”

Om te verseker dat jy nie ‘n slagoffer van hierdie nuwe slenter word nie, gee Virseker en SABRIC die volgende wenke om jouself te beskerm:

• Wees skepties. Beskou elke oproep wat jy van mense kry wat beweer dat hulle ‘n betroubare instansie verteenwoordig as ‘n moontlike bedreiging, totdat hulle die teendeel baie deeglik bewys het. Onthou dat iemand wat ‘n paar van jou persoonlike besonderhede het, nie noodwendig ‘n kontak is wat jy kan vertrou nie. Vermy mense wat jou vir jou wagwoord, PIN, kredietkaart- of ander besonderhede vra.

• Ken jou vriende. Gaan die ooreenkomste wat jy met jou bank en ander instansies het deeglik na om seker te maak watter telefoonnommers jy kan vertrou. Maak ook seker dat jy presies weet watter inligting hierdie instansies jou sal vra om jou identiteit te bevestig.

• Moet nooit persoonlike en vertroulike inligting met enige iemand deel as jy hulle identiteit nie baie deeglik nagegaan het nie. As jy onraad vermoed tydens ‘n oproep, beëindig dit dadelik en bevestig eers met die instansie – deur kommunikasiekanale wat die instansie self verskaf – of dit wel een van hulle verteenwoordigers is. Let wel: banke en ander finansiële diensverskaffers (FDV’s) het baie spesifieke riglyne van watter inligting hulle nie tydens ‘n oproep mag vra nie. Banke sal byvoorbeeld nooit jou PIN vra nie.

• Slang in die gras. As jy ‘n eenmalige PIN op jou foon ontvang sonder dat jy besig is met ‘n transaksie, het ‘n skurk waarskynlik jou persoonlike inligting. Moenie hierdie PIN telefonies met enige iemand deel nie.

• Agter slot en grendel. Maak seker dat al jou teenvirus- en sekuriteitsprogramme op datum is en werk. Dis ‘n baie waardevolle ekstra verdedigingslinie.

• Kyk voor jy kliek. Moenie op enige skakel kliek wat via SMS, epos of ander platform aan jou gestuur is deur ‘n kontak wat jy nie deeglik geverifieer het nie.

• Bly in beheer. Moet nooit beheer van jou selfoon of rekenaar aan ‘n derdeparty oorgee nie. Indien jy tydens ‘n verdagte oproep skielik sein verloor en/ of ‘n “SIM swap”-kennisgewings kry, beëindig die oproep en stel die owerhede onmiddellik in kennis.

• Verandering is goed. Dis ‘n goeie idee om jou PIN en wagwoorde gereeld te verander om te vermy dat booswigte jou kan teiken.

• Bel die polisie. Hou alle noodnommers vir jou bank en ander FDV’s byderhand. Indien jy vermoed dat jy deur vishing- of phishing-booswigte geteiken word, of geteiken is, stel hulle, en/ of jou selfoondiensverskaffer dadelik daarvan in kennis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button