NewsSchools

Carpe Diem-kleuters keer terug skool toe

Volgens Annelize Floor, hoof van Carpe Diem, het die eerste dag baie goed afgeloop ten spyte van al die veiligheidsaanpassings wat kleuters moes maak.

Kleuters van Carpe Diem Kleuterskool het op Dinsdag, 7 Julie, opgewonde skool toe teruggekeer, na die Hooggeregshof in Pretoria bepaal het dat kleuterskole hul deure mag open indien al die nodige veiligheidsmaatreëls in plek is.

Volgens Annelize Floor, hoof van Carpe Diem, het die eerste dag baie goed afgeloop ten spyte van al die veiligheidsaanpassings wat kleuters moes maak.

Middagete by Carpe Diem. Foto’s: Verskaf.

“Alhoewel party maatjies aanvanklik effens onseker was, het hulle vinnig tuis gevoel toe hulle weer hul juffrouens en maats kon sien. Dit was vir hulle baie maklik om die hoedjies met gesigkerms of maskers te dra omdat almal om hulle dieselfde gedoen het,” het Annelize gesê.

“Na die lang inperkingstyd is die kinders reeds gewoond daaraan om gereeld hul hande te was en te ontsmet. Kinderlaggies en geselsies het deur die hele skool weergalm. Kinders is ongelooflik aanpasbaar. Al die veiligheidsmaatreëls by die kleuterskool is in plek en ons onderwyseresse het kreatief te werk gegaan om kleuters met die aanpassings te help sonder om ?n rigiede of onnodig streng omgewing te skep. Daar is kleurvolle voetjies op ons vloere geverf en ons speel speletjies om kinders te leer om met hul voetjies op die geverfde voetjies te staan. Daar is ook vorms op die matte in ons klaskamers geverf wat sosiale afstand op ?n prettige en opvoedkundige manier bevorder.”

‘n Kleuter ontsmet haar hande as een van die nuwe veiligheidsmaatreëls.

Annelize het afgesluit deur te sê, “Ons is baie verlig om weer die kinders by die skool te kan verwelkom. Die veiligheid, stimulering en ontwikkeling van kleuters, veral wanneer ouers nou terugkeer werk toe, was ‘n groot bekommernis. Liefdevolle juffrouens, maatjies en ‘n goeie roetine speel ‘n ontsettend belangrike rol in die emosionele welstand van voorskoolse kinders.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button