Local newsNews

Ontmoet Mejufffrou Tiener SA-finalis — Carmen Nel

Vir die afgelope jaar volg sy haar droom om ‘n verskil deur MTSA te kan maak.

“Ek sal dit nie ‘n passie noem nie, maar dit is wel iets waarvan ek baie hou. Die heel beste deel daarvan is dat jy heeltyd jouself kan wees,” het die Mejuffrou Tiener Suid-Afrika (MTSA) finalis, Carmen Nel, gesê. Sy volg die afgelope jaar haar droom om ‘n verskil deur MTSA te maak.

Carmen het haar talente in verskeie kompetisies as Mejuffrou Bastion en in haar privaathoedanigheid in ander kompetisies by Figures-modelskool ten toon gestel.

Vanjaar het sy die eerste stap geneem om in te skryf vir die MTSA-kompetisie om ‘n verskil in die wêreld te probeer maak en om die nuwe geleenthede aan te gryp wat MTSA haar bied. “Ek het dit raakgelees en toe gaan inskryf omdat dit na soveel pret gelyk het,” het sy verduidelik.

Dié finalis hoop om eendag ‘n verskil in die lewens van kinders te maak en vir elkeen ‘n regverdige kans te verseker. “My eerste projek as MTSA-finalis sal wees om vir kinders in kinderhuise kos en klere te skenk,” het sy gesê.

Sy beskou dit as ‘n groot eer om moontlik haar land te verteenwoordig en ‘n voetspoor in haar gemeenskap te laat.

Alhoewel sy ‘n passie het om ‘n verskil te maak, is haar grootste passie sport, en om in haar vrye tyd koekies te bak. “Ek is mal oor sport en die buitelewe. Ek is glad nie perfek nie maar ek is in alle opsigte uniek,” het sy verduidelik.

Sy mik om eendag ‘n elektriese ingenieur te word. “Dit is iets waarvan ek regtig baie hou, al is daar nie baie vroue in daardie rigting nie.”

Met ‘n groot ondersteuningsraamwerk en haar rolmodel hoop sy om leierskap, dissipline, selfvertroue en deursettingsvermoë soos ‘n ware Mejuffrou SA te toon.

“My ma leer my dat om te wen nie alles is nie, en dat harde werk jou verder sal bring. Sy leer my ook dat om ander te help, nooit vir jou geld sal inbring nie, maar wel altyd geluk,” het sy bygevoeg.

Elke finalis word beoordeel volgens die getal aanlynstemme wat sy gekry het, haar punte in die eerste rondte, asook die finale punte wat sy tydens die MTSA-finaal gekry het.

“Die datum vir die aanlynstemme is nog nie gegee nie, maar omdat daardie stemme ‘n derde van my totale punte tel, sal ek dit baie waardeer as die gemeenskap vir my sal stem.”

Met harde werk en selfvertroue hoop sy om uiteindelik haar droom te bewaarheid, en ‘n positiewe energie in die gemeenskap te wees.

Related Articles

Back to top button