EntertainmentLifestyle

Rolprent oor grensoorlog is ‘n wenner

JOHANNESBURG - My Father's War word op 5 Augustus landswyd in teaters vrygestel.

Vir die eerste keer is ‘n heel ander tema in Afrikaanse rolprente op die silwerdoek verewig.

Die grensoorlog van 1983 is iets wat talle Suid-Afrikaanse mans steeds raak, maar nou het skrywer en regisseur, Craig Gardner, dit weer opgediep. My Father’s War word op 5 Augustus landswyd vrygestel.

Resensie: Mari Rheeder

Genre: Drama

Lengte: 100min

Punt: 9/10

Taal: Afrikaans met Engelse grepe

Die rolprent speel af in 2003, 20 jaar na die grensoorlog in Angola en begin dramaties met Benjamin “Dap” Smit (Edwin van der Walt) wat in ‘n ongeluk betrokke is as gevolg van dronkbestuur. Op die oog af lyk Benjamin soos ? rebel as ? mens sien hoe hy sy pa, Dawid Smit (Stian Bam) hanteer, maar dit word later duidelik dat daar baie onopgelosde emosies is.

Erica Wessels wat die rol van Benjamin se ma, Karina speel, is? tipiese ma wat die heeltyd die vrede tussen die mans probeer bewaar. Benjamin kry drome oor sy pa in die grensoorlog en begin besef dat sy pa nie so sleg is soos wat hy gedink het nie.

Hoogtepunte: Daar is eintlik te veel om op te noem. Die akteurs, die stel, die oorlogrekwisiete, die kostuums, die musiek, die feit dat die rolprent tweetalig is. Die rolprent roer jou hartsnare, maar is genadigklik nie soetsappig nie. Dit tema van verhoudings tussen ouers en hulle kinders is universeel en dit laat ? mens dink,”miskien moet ek nou my pa bel”.

Laagtepunte: Hoewel dit moeilik is om iets negatiefs in die rolprent te vind is Benjamin se hardkoppigheid en die feit dat hy so teen sy pa rebelleer iets wat ? mens ongemaklik laat voel.

Wat meer kan ek sê? Die rolprent is ? wenner met Hollywood-status.

Verwante artikels: Rolprent bekyk temas van tiener-wees

Related Articles

Back to top button