EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Die rasper stem is nog nie stil nie

ROODEPOORT - Een van Suid Afrika se geliefste sangers gesêls oor die agtiende album.

In ‘n mark waar meeste van die sangers dieselfde lyk en klink, is die legendariese afrikaanse sanger Henk Opperman, oftewel Dozi, steeds uniek en anders. Die man wat ook as die ‘Gentle Giant’ van die bedryf bekendstaan, het onlangs sy nuwe album Hande Vol Genade vrygestel.

Northsider het ‘n lafernis saam met die sanger by Caffé Rossini in Roodepoort gaan drink om uit te vind wat in sy lewe aangaan.

Agter donker brille wat effens sy gesig wegsteek glimlag Dozi wanneer hy oor sy nuwe album gevra word.

“Ek dink mense soms vergeet waarheen hulle oppad is en dié CD was vervaardig met een doel: om terug te keer na ‘basics’ toe, om terug te keer na my ‘roots’ toe,” verduidelik hy.

Die sanger se bemarkingsagent Lydia Winchester vertel van die eerstekeer wat sy Dozi ontmoet het, net voordat hy sy eerste album ‘Mercy’ in 1998 vrygestel het.

“Ek’t gehoor van die blanke man wat als in Zoeloe gesing het en met ons eerste ontmoeting het hy homself voorgestel in Zoeloe,”Vertel Lydia.

“Ek’t gedink die man kan nie ‘n woord afrikaans praat nie! Hy het dus onmiddelik oorgeslaan Afrikaans toe met die aankoms van ou platebaas Boet Pretorius.”

Sy sê dis presies hoe Dozi nog al die jare was.

“Hy’s ‘n nederige grapjas wat plat-op-die-aarde is. Sy nederigheid is die enkele ding wat hom nog altyd van ander sangers in die bedryf onderskei.

Daarmee lei Lydia die gesprek terug na die album toe en sê, “Sy agtiende CD is ‘n gestroopde Afrikaanse album wat skitter van die akoestiese sjarme en rou eerlikheid. Dit bring opnuut fokus op Dozi se meesleurende stem. Met sy jarelange medewerker, die liedjieskrywer, tromspeler en sanger Stef Kruger, wat weer die liedjies geskryf het, kan luisteraars verseker wees van ? handvol goue oues wat op die album kom aanklop het.”

Wanneer hy oor sy gunsteling herinnering op die verhoog uitgevra word, vat die sanger ‘n lang sluk van sy drankie en verduidelik dat hy so ‘n paar jaar gelede in Monaco vir Prins Albert en Prinses Charlene opgetree het.

“Wat my die meeste verbaas het is toe Bono die hoofsanger van U2 op die verhoog stap en homself aan my kom voorstel,” onthou Opperman.

“Dit was ‘amazing’ dat iemand wat homself glad nie meer hoef te bewys nie, so plat op die aarde kan wees.”

Toe Northsider die grootman gevra het vir wenke oor hoe jong sangers dit in die bedryf kan maak, antwoord hy onmiddelik.

“Los jou meisie en doen die ding voltyds. Dit moet ‘n passie wees. Berei jou voor vir die eerste paar jaar, wat op straat hoeke sing en tevrede wees met baie min geld, behels.”

So hoe gemaak as jy vir Dozi op die verhoog wil sien?

Die antwoord is eenvoudig, skerts Lydia.

“Aanhangers kan hom weekliks by sy gasteplaas ‘Back to the roots’ in Hartebeespoort Dam sien optree.

“En as hulle opsoek is na sy nuwe CD moet hulle weet dat dit al klaar in meeste musiekwinkels beskikbaar is.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button