School sportSport

Hoërskool Bastion presteer in die sportgebied tydens die Pukke-ligareeks

Bastion begin die liga met uitstekende prestasies deur verskeie sportspanne wat teen Hoërskool Randburg gespeel het.

Sportgronde vol toeskouers en Bastionners wat juig vir hul spanne was wat ‘n mens op 10 Maart tydens die Puk Skolereeks by Hoërskool Bastion beleef het.

Bastion was gasheer vir Hoërskool Randburg en verskeie spanne het goeie uitslae behaal.

Bianca Bloem sorg dat die bal nie by die doelhok uitkom nie. Foto: Adéle Bloem.

Die o.15-rugbyspan het Randburg met 15–5 geklop, en die o.16-rugbyspan het met ‘n telling van 38–22 gewen.

Danksy die aanmoediging van die toeskouers het die o.14 A-netbalspan die wedstryd met 22–7 gewen, en die o.17-netbalspan het ‘n gelykopuitslag van 13-elk behaal.

Die dogterseerstehokkiespan het ook gelykop gespeel, met ‘n telling van 2-elk.

Related Articles

Back to top button