NewsSchools

Roodie-leiers geniet opleidingsdag

'Spanwerk is altyd die sleutel tot sukses en dit het die groep definitief uitgebeeld'

Op 15 Februarie het Laerskool Roodekrans se nuwe leiers vroeg die oggend by Sterkfontein Heritage Lodge aangemeld om hulle leieropleidingsdag af te skop.

Met ‘n harnas aan was hulle reg vir die dag se aksie. Tydens die glydraadaktiwiteit het sommige van die leiers oorgeloop van selfvertroue terwyl ander woordeloos na die hoogte gestaar het.

Hoogtes is nie vir almal ewe lekker nie. Foto: Verskaf.

“Daar kon mens duidelik sien wie die leiding geneem het. Hulle het hulle oor die onseker groepie ontferm en hulle aangemoedig. Spanwerk is altyd die sleutel tot sukses en dit het die groep definitief uitgebeeld,” het Theolene Pienaar van Laerskool Roodekrans vertel.

Die doel was juis om spanwerk onder die leiers te bevorder om sukses deur die jaar te verseker. “Hulle het mekaar aangemoedig en saam naels gekou, en uiteindelik ‘n goeie ervaring gehad wat hulle vir altyd sal onthou,” het sy vertel.

Roodies-seunsleiers. Foto: Verskaf.

Die Roodie-leiers het hul skool bedank deur te sê, “Dankie vir die geleentheid wat aan ons leiers gegee is om hierdie onvergeetlike dag vir altyd te kan saamdra”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button